Victor Horta

Victor Horta
Gebore(1861-01-06)6 Januarie 1861
Sterf8 September 1947 (op 86)
NasionaliteitBelgies
Handtekening
Paviljoen van de Menselijke Driften, Brussel (1890–1897)

Victor Pierre Horta (Frans: [ɔʁta]; Victor, Baron Horta na 1932; 6 Januarie 1861 – 8 September 1947) was 'n Belgiese argitek en ontwerper, en een van die stigters van die Art Nouveau-beweging.[1] Sy Hôtel Tassel in Brussel, gebou in 1892–93, word dikwels beskou as die eerste Art Nouveau huis. Die vorme waarvan Horta gebruik gemaak het, het verskeie andere beïnvloed, insluitende die argitek Hector Guimard, wat dit gebruik het in die eerste huis wat hy in Parys ontwerp het en in die ingange wat hy ontwerp het vir die Paryse Metro.[2][3] Hy word ook beskou as 'n voorloper van moderne argitektuur as gevolg van sy oopvloer-planne en sy innoverende gebruik van glas, staal en yster.[4]

Horta se latere werke het wegbeweeg van Art Nouveau en meer geometries en formeel geword, met klassieke kenmerke soos kolomme. Hy het op vernuftige wyse gebruik gemaak van staalrame en dakvensters ten einde lig te voorsien aan sy strukture, oop-vloer planne en fyn ontwerpte dekoratiewe details. Sy latere bekende werke sluit die Maison du Peuple/Volkshuis (1895–1899) en die Brusselse Sentrum vir Vrye Kunste (1923–1929) en Central Station (1913–1952) in.

In 1932 ontvang Horta die titel van Baron vanaf Koning Albert I vir sy dienste in die veld van argitektuur. Vier van die gebou wat hy ontwerp het is aangewys as Wêrelderfenisgebiede.

  1. Oudin, Bernard, Dictionnaire des Architectes, bl. 237
  2. Fahr-Becker, Gabriele, L'Art Nouveau, bl. 398
  3. Bridge, Adrian (3 Oktober 2011). "Brussels: revisiting the magic of Victor Horta". The Telegraph. Besoek op 13 Junie 2015.
  4. Oudin, Bernard, Dictionnaire des Architectes (1994), bl. 237

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy